untitled

Samestelling

Chemiese Elemente:

SiO2    = 89,00%

Al2O3  =   5,95%

Fe2O3 =  0,88%

CaO  =  0,10%

K2O  =    0,63%

MgO  =   0,20%

Na2O =   0,32%

TiO2   =  0,29%

H2O    =   <3%

 

Spoorelemente/ Swaar Metale:

Pb = 10 ppm (FDA-perk =15)

As = 1,8 ppm (FDA-perk =20)

F   = <1 ppm (FDA-perk = 600)

Produk met duisende gebruike:

 

Toegedien as grondverbetering

Beter blare, sterker stingels

Gesonder produkte

Filtrering.

Dieregesondheid

 

Ontwurming

 

Biodieselprosesse

Insekdoder

ENSOVOORTS

WAT IS DIATOMIET?

Diatomiet is 'n onmisbare element in jou boerdery, laboratorium, praktyk, fabriek, tuin, of huis.  

WAT IS DIATOMIET?


Diatomiet kom voor in die natuur as 'n inerte minerale medium as silica-agtige sedimentêre gesteente..  Dit is steriel en vry van siektes en sade   Dit word gevorm deur die mikroskopies klein "geraamtetjies" van primitiewe eensellige alg-agtige plantjies wat diatome genoem word. Hierdie plantjies kom sedert die vroegste tye in groot getalle voor in sowel vars- as soutwater. 

Die plante onttrek silicon uit die water en vorm hulle skulpvormige "geraamtes" daarvan Sodra die plant doodgaan, sak die skulpie in die water af tot op die bodem. Daar vorm dit dik lae wat mettertyd gefossileer raak. Diatomiet word ontgin uit droë rivierlope en panne en droë mere.

 

Diatomiet bestaan hoofsaaklik uit amorfe silicondioksied (SiO2) asook klein hoeveelhede ander minerale  (soos bv aluminium, ysteroksied, kalsium hidroksied, magnesium, en natrium. Die chemiese samestelling van diatomiet wat op verskillende plekke voorkom, of wat uit verskillende geologiese  tydperke dateer, sal verskil, wat dit meer geskik maak vir sekere toepassings en minder geskik vir ander.

Die diatomiet wat ons tans ontgin en verkoop (Melosira Premium DE)(Registrasienommer V23111) is uniek vanweë sy uiters min chemiese onsuiwerhede, fynheidsgraad (gemiddelde korrelgrootte 12-15μm), diatoomstruktuur, en varswateroorsprong. Die struktuur van die diatomiet vertoon ingewikkelde gaatjiepatrone wat soos naaldwerkkant vertoon, en 'n hoogsporeuse interne struktuurvorm, soos u kan sien op die  foto's hieronder, wat met 'n elektronmikroskoop geneem is:

 

   

 

25 miljoen diatome sal met gemak inpas in 'n teelepel. Elke korreltjie bevat miljoene hol silindriese doppies. wat almal saam 'n hoogsporieuse superabsorberende materiaal   vorm, Dit raak nie glad as dit nat word nie en breek ook nie af soos ander absorberende materiaal nie.   Die hoë persentasie wateroplosbare silica wat in ons produk teenwoordig is word geredelik aan plante vrygestel. Silica beheer die groei van wortels en verhoog weerstand teen stres wat die plant ondervind weens abiotiese faktore soos droogtes, uiterste hitte en koue, winde, opname van  swaar  metale en  koolwaterstof, sowel as biotiese faktore soos siektes, insekte, en alge.   Diatomiet is nie skadelik vir mens en dier nie, maar dood skadelike insekte weens meganiese, nie-chemiese werking, neem skadelike gifstowwe en gasse en olie gemaklik op, is 'n isoleermiddel,  behou water, bevorder gronddreinering, het 'n ligte gewig,  ens.  

 

Die hoë persentasie wateroplosbare silica wat in ons produk teenwoordig is word geredelik aan plante vrygestel. Silica beheer die groei van wortels en verhoog weerstand teen stres wat die plant ondervind weens abiotiese faktore soos droogtes, uiterste hitte en koue, winde, opname van  swaar  metale en  koolwaterstof, sowel as biotiese faktore soos siektes, insekte, en alge. Dit herstel ook die grond in areas wat met swaar metale en koolwaterstof besoedel is, en verryk uitgeputte, arm grond. Dit bou plante se weerstand op deur die selwande te versterk en 'n sterker fisiese weerstand te verskaf  teen aanvalle deur insekte en alge.  Sodoende verbeter silica die landbouer se oesproduksie en –gehalte.

Diatomiet herstel ook bv die grond in areas wat met swaar metale en koolwaterstof besoedel is, en verryk uitgeputte, arm grond. Dit bou plante se weerstand op deur die selwande te versterk en 'n sterker fisiese weerstand te verskaf  teen aanvalle deur insekte en alge.  Sodoende verbeter die silica daarin die landbouer se oesproduksie en –gehalte.

Ander name vir Diatomiet

Diatomiet staan ook bekend onder ander name, bv Kieselguhr, Guhr, Kiezelgoer, Bergmeel, Fossielmeel, Diatomietgrond, ens. U kan ook op die Internet soek onder die name, Diatomite, Diatomaceous Earth, D.E., Silaceous Earth, Fossil Meal, White Earth, Diatomit, Diatoms, ens.

Die produk wat ons bemark is geregistreer as #V23111 Melosira Premium DE. (Kyk ook webblad http://melosira.com)

Grade Diatomiet

Daar is Eetbare graad en Swembadgraad-diatomiet. Swembadgraad-diatomiet moet nie vir ander doeleindes as swembadfilters gebruik word nie, aangesien dit behandel is met stowwe wat giftig kan wees vir mens, dier, en plant.  Maak derhalwe seker dat u eetbare graad diatomiet gebruik vir alle toepassings behalwe swembadfilters.

Diatomiet SA verkoop eetbare graad diatomiet.

Besoedelde diatomiet moet weggedoen word soos wat die wet vereis in die land of streek waarin u woon. Gebruikte katsand word nie as besoedel beskou nie.

Diatomiet het duisende gebruike

Hier volg net 'n paar:

      ·           

Waarskuwing:

Swembadfiltergraad-diatomiet is nie eetbaar nie, en is omgewings-vyandig.

                

Gebruik slegs eetbare graad varswaterdiatomiet.

 

In en om die huis:  Laai PDF-pamflet af:

·          Isolerende stene en blokke word van diatomiet vervaardig om geboue en nywerheidstoerusting te isoleer, byvoorbeeld elektrolisebaddens, smeltoonde, pottebakkersoonde, pyplyne, stoomketels, ens  Sulke stene is bestand teen brand, en kan temperature van tot  900°C hanteer. Die stene is vuurvas en  kan gebruik word vir brandvoorkoming as deel van geboue wat van allerlei ander boustowwe gemaak is, sowel as in allerlei toepassings in die ingenieurswese- en boubedryf.

 

·         Diatomiet-beton-aggregaat word gebruik as hittebestande, laemassa aggregaat vir die isolering van geboue, oonde, en nywerheidstrukture en -toerusting, Teen temperature van tot 900°C.

 

·        Katalisatordraer. Diatomiet word gebruik as katalisatorhouer in skoonmaakmiddels en vloeibare kunsmis.

 

·         Filtreerder. Diatomiet kan aangewend word in filters vir vloeistowwe van verskillende viskositeit, in bv wynmakery, bierbrouery, suikerraffiniëring, die farmaseutiese bedryf, en ander nywerhede. Dit word ook aangewend in swembadfiters. Wees versigtig: Baie verskaffers van filter-diatomiet verkoop seewater-diatomiet, wat nie geskik is vir huishoudelike, landbou- of tuinboudoeleindes nie, omdat die seesout-inhoud daarvan skadelik is vir plante en metale.  Ons produk kom uit 'n varswater-diatomietbron, en kan vryelik gebruik word vier die meeste toepassings.

 

·         Absorbeerder Diatomiet is 'n uiters kragtige absorbeerder en onttrek vog uit die lug in die omgewing.  Dit word as dessikant gebruik om te verhoed dat vog in die lug skade aanrig aan produkte soos flitsligbatterye, pille en tablette, en selfs oeste in skure, silo's ander opbergplekke. Dit word ook gebruik op plekke waar motorvoertuie gediens word, om olieplasse te absorbeer. 

 

·         Grondkondisioneerder  Diatomiet kan in grond ingemeng word om swaar, kleigebaseerde grond op te breek of om ligte, sanderige grond meer water te laat hou.

 

·        Hidroponika   Diatomiet word suksesvol aangewend in hidroponikastelsels. U kan minder water gee omdat die diatomiet vogdeeltjies behou. Spit die groeimedium om na die groeiseisoen , en voeg net weer diatomiet by.

 

 

Hoe gebruik 'n mens dit?

 

Grasperke:   Meng  50% diatomietstof met 50% bogrond of sand. 

Versprei eweredig oor grasperk teen ongeveer twee liter per vierkante meter (2ℓ/m2) en hou goed nat totdat die gras deurgroei.

Kliek hier om meer te lees oor die invloed van silica op kweekgras

 

Voorbereiding vir sooie: Versprei diatomietkorrels (klippies) as 'n onderlaag op die grond waar die sooie gelê moet word, teen ongeveer vyf liter per vierkante meter (5ℓ/m2). Die sooie word nou daarop geplaas en behoorlik benat.

 

Potgrond: Meng 30% tot 50% diatomietkorrels met normale 'n gewone potgrond en kunsmis/kompos-mengsel wat deur kwekerye verkoop word.

Orgideë:  Meng 40% diatomietkorrels met 50% perliet en 10% veenmos ("peat moss").

 

Hidroponika: Meng groeimedium met ongeveer 40% diatomietkorrels. Waarskynlik sal u minder water hoef te gebruik omdat die diatomiet water agterhou. Hidroponikastelsels en groeitoestande is uiteenlopend, dus beveel ons aan dat u  'n bietjie eksperimenteer totdat u 'n geskikte voedingsvlak en benattingskedule vir u omstandighede uitgewerk het.

 

Groente: Plaas 'n handvol klippies in die gat of in die saadry.

 

Bome en groot struike: Meng bogrond met ongeveer 25% diatomietkklippiess om die gat mee op te vul.

 

Rose:  Plaas vyf liter diatomietklippies onderin elke gat en nog drie  liter buite-om die wande van elke gat (d.i. 8ℓ/boom)

 

Dierevoer-byvoegsel:  Strooi 2% tot 5% diatomietpoeier op dierevoer of meng in groei- en lêmeelmengsels in.

 

Bestuiwer vir vee:  Hang sakkies diatomietpoeier op aan boomtakke op plekke waar vee moet verbyloop, sodat die sakkie aan diere skuur en poeier vrylaat.  Diere kom later self na die sakkies toe en skuur daaraan.

 

Wingerde

Klik hier om te kyk na resultate wat deur Maidenwell in Australië verkry is met diatomiet in hulle wingerde. Klik op foto's vir meer informasie.

 

Ook in die nywerheid is daar duisende toepassings, wat elders op hierdie webblad beskryf word. 

 


Report Content · · Web Hosting · Blog · Guestbooks · Message Forums · Mailing Lists
Easiest Website Builder ever! · Build your own toolbar · Free Talking Character · Email Marketing
powered by a free webtools company bravenet.com